koopenverkoop.online

Get ready!

Koop en Verkoop Online

  • Local Classifieds
Discount

2013 ALOE STRIATA met lugreëling

2013 ALOE STRIATA met lugreëling


2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling2013 ALOE STRIATA met lugreëling
R 220 000


CONTACT SELLER

Key Details

Location
Gauteng – Pretoria
Condition
Used
Posted
4 weeks ago

Description

Silwerskoon en netjies! Hierdie is ‘n sterk geboude woonwa reg vir die grondpad, 4×4-roetes en teerpad met slaggate. Die Infinity lugreëlaar is sewe jaar gelede geinstalleer. Verder toegerus met die volgende toerusting: mikrogolfoond, Telefunken 220V yskas, twee brander gasstoof, vol 3 kg gasbottel, twee groot grondseile en groot tent met sykante. Die dubbelbed het ‘n matras van 2 x 1,4 meter en daar is ook ‘n hangbed wat die getal slaapplek op vier (selfs 5 as die kinders nog klein is) te staan bring. Daar is hope pakplek en die voordeel is dat jy niks hoef op- of uit te slaan om te oornag en te slaap nie. Hierdie een het wel nie ‘n wasbak, watertenk of breekware nie, maar die volgende is splinternuut: twee buitebande, battery en gasbottel. Die haak en remme is gediens en die wiellaers vervang. Die tarra is 1180 en BVM is 1800 kg – jy kan dus 620 kg se toerusting dra! Die afmetings is 5,4 (algehele lengte), 2,2 (breedte) en 2,04 (hoogte) meter en kan dalk in jou motorhuis pas. Die woonwa en tent is in ‘n baie goeie toestand weens min gebruik en goeie sorg en sal met ‘n padwaardigheidsertifikaat verskaf word. Die Aloe woonwaens is nog relatief onbekend, maar die spreekwoord lui: onbekend maak onbemind. Oorweeg gerus hierdie een as jy ‘n handvervaardigde woonwa wat lank sal hou, wil hê. Daar word nie van hout gebruik gemaak in die konstruksie nie en dus kan daar nie houtvrot voorkom nie. Nuut begin die Striata se prys nou op meer as R500 000. Dit is selde dat een in die mark kom – maak dus van hierdie geleentheid gebruik. Gaan loer op Aloe Woonwaens se webwerf vir meer inligting: www.aloecaravans.co.za. Kom kyk gerus na die woonwa waar hy by my in ‘n motorhuis in Lynnwood Manor staan. Bel my vir ‘n afspraak by 0832739386view more.


CONTACT SELLER


admin


June 6, 2025
Gauteng, Pretoria
Caravans, Campers and Trailers

Previous
Next

Koop En Verkoop

Buy and sell anything.


Get in touch

We will help if we can….